MOSSELBAAI NUUS - Verlede Saterdag, 17 Maart, is die finale jukskeiliga-eindwedstryde op Riversdal afgehandel.
George, Hartenbos en Riversdal is, soos normaalweg, goed verteenwoordig. Daar is in twee vorme van die spel, te wete die gewone spanspel en die uitmergelende tweespel of parespel meegeding.
Die B1 span van Hartenbos het weer eens hul baasskap getoon en in die spanspel sowel as die parespel eerste geëindig.
Tog was die wedywering straf en toon die punteverskil dat geen wegholoorwinnings plaasgevind het nie.
Riversdal beskik vanjaar oor 'n sterk groep C-spelers. Dit was dus geen verrassing dat hulle die spanspel oorheers het nie. Hartenbos se C1-span met Hendrina Zaayman en Faan Gerber het hul baasskap in die parespel duidelik getoon en hoewel die kompetisie straf was, het hulle eerste geëindig.
Wenners van die spankompetisie in die B-afdeling: Buks Scholtz, Bossie Boshoff, Johan Brummer en Elias Burger.
Die finale puntestand vir die dag se spel is soos volg:
Dubbelspel
B-afdeling: Hartenbos B1 (68); Korr. Dienste B1 (60); Riversdal B1 (58); Hartenbos B4 (52); Hartenbos B2 (48); Hartenbos B3 (48); Korrektiewe Dienste (47½); Riversdal B2 (38).
C-Afdeling: Hartenbos C1 (63); Riversdal C2 (61); Riversdal C1 (58½); Hartenbos C2 (55); Mosselbaai C1 (51); Riversdal C3 (47½); Mosselbaai C2 (41); Riversdal C4 (41).
Spanspel
B-afdeling: Hartenbos B1 (26); Riversdal (23); Hartenbos B2 (23); Korrektiewe Dienste (18).
C-afdeling: Riversdal C1 (32½); Hartenbos (22); Riversdal C2 (19); Mosselbai (16½).
Aan die einde van die seisoen bepaal die punte deur die seisoen verwerf, die finale wenners.
Almal is opgewonde wanneer die wenners in die onderskeie afdelings aangekondig word.
Spanspel of vierspel
Wenners B-afdeling: Hartenbos se B1-span bestaande uit Buks Scholtz, Bossie Boshoff, Johan Brummer en Elias Burger.
Wenners C-afdeling: Riversdal C1-span-lede: Rina Conradie, Lorretha van der Sandt; Schalk van der Sandt en Selly van Tonder.
Dubbelspel of parespel
Wenners B-afdeling: Hartenbos B1: Buks Scholtz en Bossie Boshoff.
Wenners C-afdeling: Riversdal B1: Schalk van der Sandt en Selly van Tonder.
Driespel
Wenners B-afdeling: Hartenbos B1: Buks Scholtz, Bossie Boshoff en Elias Burger.
Wenners C-afdeling: Riversdal C1: Rina Conradie, Schalk van der Sandt en Lorretha van der Sandt.
Die gesamentlike trofee vir die groot totaal punte deur alle spanne van die verskillende klubs deur die loop van die seisoen is deur die klub Riversdal verower.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'