TUINROETE HENGELNUUS - Reuben Erasmus van Groot-Brakrivier is vol verwagting vir die groot vis wat hy eendag gaan vang.
Nie eens 'n oogoperasie vroeër verlede week kon hom van sy stokperdjie weghou nie.
Pappa Jaco bring hom gereeld na Klein-Brakrivier om vis te vang. Reuben is agt jaar oud en het al goeie vangste gehad, onder andere kabeljou. Hy sien na die volgende vakansie uit sodat hy meer tyd by die see kan deurbring.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'