MOSSELBAAI NUUS - Ferdi Botha, 'n leerder van Curro Mossel Bay en lid van Le Peleton Fietsryklub op Mosselbaai, het die Wes-Kaap-span van 7 tot 9 Julie by die Suid-Afrikaanse pad- en tydtoetsbyeenkoms vir jongelinge in Oos-Londen verteenwoordig.
In die individuele tydtoets vir o.15's, het Botha skitterend gejaag en is met slegs 3 sekondes geklop vir 'n welverdiende silwer medalje.
In die 55km padwedren was hy self op sy stukke en het hy vyfde oor die eindstreep gejaag.
Dat die jong Botha beslis een van die land se opkomende jongelinge is, word duidelik weerspieël in 'n rits ander vertonings waar hy ook uitstekend presteer het. Net ná die SA's, was die Eden-span ook van 11 tot 13 Julie op Oudtshoorn by die Jeugfees in aksie.
Ferdi Botha het in April 'n goue medalje by die SA baanbyeenkoms in Bellville verower.
Gedurende die kriterium verlede Dinsdag, het hy 'n derde plek behaal. Vir Botha was dit 'n geval van hoe later hoe kwater en die volgende oggend het dié derde posisie met 'n tweede plek in die padwedren oor 34km opgevolg voor hy en sy spanmaats later die middag die kroon gespan het met 'n gouemedalje in die spantydtoets oor 9.5km.
By die Cape Town Cycle Tour (CTCT) spog Botha ook met 'n derde plek in die afdeling vir seuns o.15 in die wedren oor 42km.
Dit is opgevolg met 'n gouemedalje by die SA baanbyeenkoms, wat in April in die Bellville Velodrome beslis is. Botha en sy Wes-Kaapse spanmaats het in die 2000m spanagtervolging as die kampioenspan uit die stryd getree.
Botha se groot droom is om eendag 'n beroepsryer te word en om aan die Tour de France deel te neem.
By die Cape Town Cycle Tour (CTCT) spog Botha ook met 'n derde plek in die afdeling vir seuns o.15 in die wedren oor 42km.
Op die podium vir 'n tweede plek tydens die SA's.
By die Cape Town Cycle Tour (CTCT) spog Botha ook met 'n derde plek in die afdeling vir seuns o.15 in die wedren oor 42km. Foto: Chris Hitchcock | CTCTT
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’