MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan twee wedvlugte vanaf Strydenburg (492km).
Dit was die duiwe van Joe Lemos wat weer eens uitstekend presteer het deurdat hulle beide die klub se jaaroud en ope afdelings vir hulle eienaar ingepalm het.
In die jaaroud afdeling behaal Sunday Montero die tweede plek gevolg deur Lemos in die derde plek. In die klub se ope afdeling spog Montero met beide die tweede en derde plekke. Larry van Vuuren behaal die vierde plek.
In die dorpseksie se jaaroud afdeling is dit Jerry van der Mescht wat die wenduif vlieg. T&L Swart behaal die tweede plek gevolg deur Chris Nel in die derde plek.
Alfie Ladson verower die eerste plek in die dorpseksie se ope afdeling gevolg deur Swart in die tweede en Kiara Nel (jnr) in die derde plekke.
Uitslae
Volledige uitslae is soos volg:
Klub jaaroud: Joe Lemos (1, 3, 4, 6, 21, 26, 30); Sunday Montero (2, 11, 17, 19, 29); Larry van Vuuren (5, 7, 9, 10, 15, 16, 24, 25, 27); Jerry van der Mescht (8, 20); T&L Swart (12, 14, 23); Kiara Nel (jnr) (18); Fanie Ackerman (22); Chris Nel (13, 28).
Klub ope: Joe Lemos (1, 8, 9, 13, 24, 25, 26); Sunday Montero (2, 3, 5, 7, 18, 27); Larry van Vuuren (4, 10, 19, 30); Alfie Ladson (6); T&L Swart (11, 16, 17, 28); Kiara Nel (jnr) (12, 20); Fanie Ackerman (14, 22, 29); Chris Nel (15, 21, 23).
Dorp jaaroud: Jerry van der Mescht (1, 6); T&L Swart (2, 4, 7); Kiara Nel (jnr) (5); Chris Nel (3, 8).
Dorp ope: Alfie Ladson (1); T&L Swart (2, 5, 6); Kiara Nel (jnr) (3, 7); Chris Nel (4, 8, 9).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'