MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Jaggeweerskiet-vereniging hou môre, Saterdag 24 Maart weer hul jaarlikse ope-skietdag op Oppie Plaas by Waboomskraal.
Hoewel aanlyn-inskrywings gesluit het, kan laat inskrywings op die dag gedoen word teen R400 (senior) en R300 (junior).
Daar sal op die dag ook 'n spankompetisie wees (vier skuts) teen R200 per span, inskrywings hiervoor sal op die dag hanteer word.
Alle inskrywingsgelde sluit aandete in.
Pryse ter waarde van R135 000, gebrog deur Kloppers, is te wen in verskillende klasse.
Program
Die program vir die dag sien as volg daaruit:
07:00 - 08:25 - "Inskiet" van gewere. Inskietbaan sluit om 08:25
07:00 - 08:30 - Registrasie
08:30 - Formele opening wat deur alle skuts bygewoon moet word
09:00 - Kompetisie begin.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'