MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai spog met een van slegs twee Suid-Afrikaanse senior bofbalskeidsregters wat aan die internasionale bofbalskeidsregtersvereniging behoort.
Malcolm Johnson, werksaam by PetroSA, het met 20 jaar se ondervinding as skeidsregter in dié sport, Suid-Afrika van
17-30 Oktober in Colombië verteenwoordig by die o/23-wêreldbekerkampioen-skappe.
Die ander SA internasionale skeidsregter is Edwin Webb van Kaapstad. Johnson is 'n vlak vyf skeidsregter, die hoogste vlak van bofbalskeidregters. Behalwe vir Johnson en Webb is daar nog vyf SA-skeidsregters wat junior wedstryde op internasionale vlak hanteer.
Johnson het op skoolvlak in 1990 by Pacaltsdorp Sekondêr bofbal begin speel, waarna hy 'n skeidsregter geword het. In 2006 is hy gekies as 'n SA bofbalskeidsregter, waarna hy in die internasionale paneel opgeneem is.
Sy ondervinding as 'n skeidsregter wat jaarliks by die SA bofbalkampioenskappe optree, tesame met sy optrede in Colombië, het vir hom 'n plek geboek om deel te wees van SA bofspelers se voorbereiding vir die 2019 Olimpiese Spele in Japan. Sy kanse is ook goed om by die Olimpiese Spele self wedstryde te hanteer.
Volgens Johnson is bofbal besig om te groei in SA. Hy is egter van mening dat dié sport groot op skoolvlak beoefen moet word om SA kampioene op te lewer. "Daar is baie talent, maar min geleenthede," het hy gesê.
Oor die Colombië-kampioenskappe se ondervinding is hy baie opgewonde. "Die wedstryde is geweldig vinnig. Die mense daar leef vir bofbal as sport."
Hy het 16 van die 48 wedstryde hanteer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'