Video
MOSSELBAAI NUUS NE VIDEO - Die mans en vroue het tydens die afgelope Saterdag se skietkompetisie van die Neill Calitz Skietklub in een afdeling meegeding.
Willie Germishuys en Danie le Roux het die beste van die mans vertoon terwyl Suzette Herrer verras het deur een item te wen, twee tweede en een derde plek te behaal.Marius van Wyk het hom goed van sy taak gekwyt as programorganiseerder van die dag.
Hy het onder andere twee baie interessante items aangebied waar die skuts na bewegende teikens moes skiet en veral hier het die bewegende haas vir groot vermaak onder die skuts gesorg.
Uitslae
Die uitslae in die onderskeie afdelings was soos volg:
10m: 1. Suzette Herrer; 2. Marius van Wyk; 3. Ivan Maddison, Willie Germishuys, Eugene Barnard en Gert Nel.
20m: 1. Danie le Roux; 2. Suzette Herrer en Willie Germishuys; 4. Eugene Barnard en Marius van Wyk.
9mm: 1. Willie Germishuys; 2. Danie le Roux; 3. Suzette Herrer; 4. Gert Nel; Johanna Germishuys.
Skiet na aanvaller: 1. Marius van Wyk; 2. Gert Nel; 3. Ivan Maddison; 4. Willie Germishuys; 5. Johan Kemp.
Bewegende haas as teiken: 1. Willie Germishuys; 2. Suzette Herrer en Eugene Barnard; 4. Marius van Wyk; 5. Gert Nel.
Spankompetisies
Skiet na aanvaller: 1. Marius van Wyk en Ivan Maddison; 2. Eugene Barnard en Gert Nel; 3. Johan Kemp en Marius van Wyk; 4. Johanna Germishuys en Suzette Herrer; 5. Willie Germishuys en Danie le Roux.
Bewegende haas as teiken: 1. Willie Germishuys en Danie le Roux; 2. Johanna Germishuys en Suzette Herrer asook Johan Kemp en Marius van Wyk; 4. Eugene Barnard en Gert Nel; 5. Marius van Wyk en Ivan Maddison.
Kyk'n video hieronder.
VIDEO: SUZETTE HERRER, MOSSEL BAY ADVERTISER-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'