Die Southern Cape Sables 0/13-seunspan het met 5-3 in die eindstryd teen Boland verloor terwyl die 0/13-dogterspan na ‘n spannende doelskiet-uitklopkompetisie met een doel teen Boland in die eindstryd verloor het.
Die 0/18 dogterspan het ook deurgedring na die finaal met ‘n telling van 3-3, maar het met die agt sekonde reël 3-2, ongelukkig teen Boland verloor.
Drie spelers van die Suid-Kaap het ook toernooi-toekennings verwerf. Mieke Hougaard is as Speler van die Toernooi in die 0/13-groep aangewys, terwyl Ruach Roux die Sportmanskap-toekenning in die 0/13-seunskategorie, en Nicka Engelbrecht die toekenning in die 0/18-dogters-kategorie, verower het.

Hierdie dogterspan was deel van die groep Suidkaapse hokkiespelers wat die afgelope naweek geskiedenis gemaak het.

Die Southern Cape Sables 0/13-seunspan wat deurgedring het na die finale van die binnenshuise streekshokkietoernooi in Kaapstad, is, van links: Jordan Sinclair, PJ Shabalala, Jamie Kroukamp ( Princess afrigter), Ruach Roux, Mario Santana, Gabriel Hogan and Erica Combrink (Princess afrigter). Voor is Ben Struwig en Jadrian-Dru van Aswegen. Afwesig: Ronan Flaherty.