HERBERTSDALE NUUS - Met die Netbalwêreldbeker wat in 2023 in Kaapstad gehou word, is Laerskool Herbertsdale vuur en vlam oor Netbal Vrydag.
Hierdie inisiatief van Netbal Suid-Afrika is op 4 Februaie in die aanloop tot die Netbalwêreldbeker van stapel gestuur.
Die Herbies, onder leiding van Nadia Julies, het die geleentheid aangegryp om die projek te ondersteun en word op 11 Februarie een van die eerste skole wat hul leerders aanmoedig om Projek Netbal Vrydag deel te neem.
"Aangesien sport in skole die laaste twee jaar as gevolg van die Covid-19-pandemie op die agtergrond was, kon die meisies nie wag om sommer kaalvoet en in hul skoolklere bal te gooi en plakkate te maak van ons Protea-netbalspelers nie," berig Julies
"Ons kinders se ogies blink en hul drome word skielik helder in die vooruitsig om netbal te kan speel."
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'