MOSSELBAAI NUUS - Ná die eerste twee dae van hengel tydens die South African Light Tackle Boat Angling Association (SALTBAA) se nasionale ligte gerei kushengel-kompetisie vir meesters en senior mans, het daar in totaal 578 visse uitgekom.
Maandag, 19 Februarie, is daar 266 visse gevang. In die afdeling vir meesters het Tinus Kruger met die eerste plek weggestap met twee nie-eetbare visse van 21,39kg.
Die seniors-kompetisie is op die eerste dag deur Mark Boughton gewen met vyf visse van 53,72kg.
Dinsdag, 20 Februarie, het mis die oggend ontwrig, maar het later 'n warm sonskyn dag geword.
Met gesamentlike punte vir die twee dae het Tinus Kruger voorgeloop met 'n totaal van 48,5kg vis tussen die meesters.
By die seniors het Hayden Webb oor die twee dae 'n totaal van 69,25kg vis ingeweeg en in beide die meesters en seniors was Webb vir die eerste twee dae ook die algehele voorlooper. Op dag twee is daar 312 visse uitgetrek vir die totaal van 578 ná twee dae.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’