MOSSELBAAI SPORTNUUS - Mosselbaai se Ricardi Matthee (17) is in die Suid-Afrikaanse o/20-atletiekspan ingesluit wat vanaf 2 tot 12 Desember aan die Africa Union Sports Council (AUSC) Region 5 Youth Games in Malawië gaan deelneem.
Hy gaan in die 100m sowel as die 200m kompeteer.
Ricardi is ook gekies om vanaf 2 tot 9 Februarie aan die World Para Athletics Grand Prix in Tunisië deel te neem. Dié byeenkoms sal vir die kwalifisering vir die World Para Athletics Championships in Parys in 2023 tel. Ricardi, 'n graad 11-leerder by Curro Mosselbaai, is gesiggestremd.
Enige persoon wat belangstel om hom te borg om na die byeenkoms in Tunisië te kan gaan, is gevra om sy ma Rika (073 361 0303) te kontak.
Atlete moet vir hulle self betaal.
Ricardi is ook gekies om vanaf 2 tot 9 Februarie aan die World Para Athletics Grand Prix in Tunisië deel te neem.
Ricardi, 'n graad 11-leerder by Curro Mosselbaai, is gesiggestremd.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'