MOSSELBAAI ROLBAL NUUS - Twee spanne van Hartenbos-rolbalklub het met die twee belangrikste pryse tydens die gewilde jaarlikse Jan's Dag by die Groot-Brakrivier-rolbalklub weggestap.
Altesaam 18 spanne in kleurvolle monderings van oor die streek het vanjaar in baie winderige toestande dit uitgespook om 'n wenspan te bepaal.
Die gewilde dag word jaarliks ter ere van die klub se ontslape vroulike klublede aangebied en lok elke keer heelwat spanne van ander klubs.
Hartenbos se wenspan is deur Ansa de Klerk, Charlotte du Raan, Ansie Olivier en Hentie Claassen verteenwoordig terwyl die naaswenners se lede Laura Wagner, Rida Lourense, Truda Styger en Tish Hickney was.
Twee spanne van die gasheerklub het die derde en vierde plekke ingeneem.
Die naaswenners was van links: Laura Wagner, Rida Lourense, Truda Styger en Tish Hickney.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'