MOSSELBAAI NUUS - Die 22ste Hartenbos bergfiets-prettrap het op 26 Desember in Hartenbos-omgewing plaasgevind. Hierdie merkwaardige fietsrywedren vloei deur die Hartenbos-, Welgemoed-, Gondwana- en Hartebeeskuildam-omgewing en die roetes wissel van 'n maklike 30- en 40km vir beginners, tot 'n tegniese 50km en 75km roete vir ervare ryers.
Is dit 'n prettrap of 'n wedren? Vir meeste deelnemers is dit 'n prettrap om van hul Kersete ontslae te raak en vir ander meer ernstige ryers, is dit 'n voluit wedren met prysgeld vir die eerste drie mans- en vroueryers in elke afstand.
Uitslae
75km mans
1. Rinus Maarsingh (02:45); 2. JP Gerber; 3. Ednard Louw.
75km vroue
1. Lauren Stark - Duitsland (02:58); 2. Bridgitte Joubert; 3. Nicky Botes.
50km mans
1. Zandre Gerber; 2. Pietie Oosthuizen; 3. DeWet Albertyn.
50km vroue
1. Adele Niemand; 2. Chrissie Olivier; 3. Colien Jacobs.
40km mans
1. Lenre Coetzee; 2. Theo Otto; 3. Kokkie Kooiman.
40km vroue
1. Lindie Rudman; 2. Helen Coetzer; 3. Lizelle Evans.
Elektroniese fietse
1. Charmaine Goodway; 2. Ina van Zyl; 3. Dalene Moolman.
30km mans
1. Zack Coetzer; 2. Rudo Strydom; 3. Jim Vorster.
30km vroue
1. Christine Strydom; 2. Caylen Fourie; 3. Simone Burger.
Sien bedanking van borge op brieweblad.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'