HARTENBOS NUUS - Die Eden Rolballiga is onlangs afgehandel en Hartenbos Rolbalklub se spelers het behoorlik uitgeblink.
In die afdeling vir vroue is daar in vier afdelings deur ses spanne van Hartenbos meegeding terwyl die mans deur 11 spanne in ses afdelings verteenwoordig is.
Hartenbos is trots op al die spanne, wat in hul onderskeie ligas baie goed presteer het.
Pryswenners het ook elkeen 'n medalje ontvang.
Nog foto's onder.
Tweede in die Premierliga was Hentie Claassen, Huibie Mynhardt, Liz van Niekerk en Petro Lombaard. (Afwesig): Jeanette Botha.
Hartenbos Rolbalklub se vroue het in die Eerste Liga 'n derde plek behaal. Hier is Lynette le Roux, Michelle Snyman, Elize Taute, Moyra Robbertse en Marina Pretorius.
In die Tweede Liga het die Hartenbossers 'n eerste plek losgerol. Hier is Elsa van Tonder, Lindi Kruger, Ansa de Klerk, Truda Styger en Rida Lourens.
Hartenbos Rolbalklub het ook 'n tweede plek in die Derde Liga behaal. Hier is Mariana Maritz, Linda Klein, Sue Stockwell, Rita Nell en Heleen Holl.
Die mansspan van Hartenbos het tweede in die Eerste Liga geëindig. Van links is Kobus Kriel, Renier Nel, Charles Collen, Pat Stockwell en Jerome Bezuidenhout.
Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus.