HARTENBOS NUUS - Die Spes Bona Motors-borgdag wat op 6 April by Hartenbos-rolbalklub plaasgevind het was 'n uiters geslaagde dag met 96 spelers wat deelgeneem het.
Die spelers was van verskeie klubs in die distrik en het gedeel in die groot pryse wat op die spel was.
Die kompetisie is gewen deur die span bestaande uit Hennie Coetzer, Chris Hockney, Dawid de Wet en Marlene Johnson. Tweede was Gielie Stander, Ewald van der Walt, Susanna van Niekerk en Koot Lategan en derde Koos Fourie, Alida van der Wath, Mara van Rensburg, Frik Jacobs.
Ansie Olivier was die gelukkige persoon om die reuse geskenkpak vol Paaseiers te wen.
Die bane was weer eens in 'n puik toestand, te danke aan Koot Lategan se harde werk. 'n Heerlike middagete is deur Susan le Roux en haar span voorgesit.
Pieter Greeff (president, links) saam met die wenspan Dawid de Wet, Marlene Johnson, Chris Hockney, Frans en Jan Senekal (Spes Bona Motors) en Hennie Coetzer.
Derde plek wenners is Koos Fourie, Alida van der Wath, Mara van Rensburg en Frik Jacobs saam met Jan en Frans Senekal (Spes Bona Motors).
Tweede plek wenners, Gielie Stander, Ewald van der Walt, Susanna van Niekerk en Koot Lategan saam met Frans en Jan Senekal (Spes Bona Motors).
Ina Senekal (Spes Bona Motors) oorhandig Ansie Olivier se geskenkpak aan haar.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'