Dit was die boodskap wat die herverkose voorsitter van die SWD-sportraad, Goliath Munro, wat sy voorsittersverslag aan die algemene jaarvergadering van die liggaam voorgehou het.
Hy onderstreep ook die feit dat die SWD-sportraad asook die Wes-Kaapse sportraad verbind is om die Nasionale Sport en Rekreasie Plan (NSRP) deur te voer en as lid van SASCOC onder verpligting is om dit te doen.
Hy het dit duidelik gestel dat dit vir baie sportfederasies drastiese aanpassings en veranderings gaan inhou veral met die nuwe grensafbakenings wat voor Mei 2013 in plek moet wees.
"Ook skolesport word geraak met die feit dat georganiseerde skolesport voortaan direk onder beheer van die kode se federasie gaan sorteer Dit gaan 'n groot verantwoordelikheid vir die federasies meebring, maar kan op die langduur net voordele vir albei inhou.
"Die SWD is bevoorreg om sportadministrateurs van gehalte te kan hê - net om die woorde van die Wes-Kaapse minister van Kultuursake en Sport te herhaal. Daar word besef dat sportadministrateurs dit in die meeste gevalle vir die liefde van die saak doen, maar sonder hierdie vrywilligers kan sport in Suid-Afrika glad nie bedryf word nie. Die leuse van die SRSA, Active and Winning Nation, kan net slaag as alle sportliggame saamwerk.
"Verskeie grondwetlike aanpassings is ook gemaak om dit in lyn met die NSRP te bring," het hy gesê.
Die nuwe uitvoerende bestuur is:
Voorsitter: Goliath Munro; visevoorsitter: Desmond Speelman; sekretaris: Dave van der Walt; tesourier: Christel Johannes; federasies: Sunette Marais en Corné Bence; plaaslike sportrade: vakant (JP Abrahams oorlede); vroue sport: Amanda Stripp; plaaswerker sport: Reggie Dyssel; sport vir gestremdes: Mariet Oosthuizen; transformasie beampte: Barries Barnard; afrigtersvereniging: Abrie de Swardt; streeks sportakademie; nuwe toevoeging - sal gekoöpteer word; skolesport: Pat Witbooi en Edith Joseph; DCAS: Dirk van der Westhuizen (ex officio); distriksmunisipaliteite: nuwe toevoeging - moet nomineer (ex officio).

Die nuut verkose SWD-sportraad se lede is van links (voor) Dave van der Walt, Christel Johannes, Goliath Munro en Desmond Speelman. Tweede ry: Dirk van derd Westhuizen, Sunette Marais, Edith Joseph, Amanda Stripp, Abrie de Swardt. Agter: Corné Bence, Barries Barnard. Afwesig: Pat Witbooi en Reggie Dyssel.