TUINTOETE ROLBALNUUS - 'n Totaal van 28 spanne het op Saterdag, 21 Augustus aan die Kansa-vrouerolbaldag op Hartenbos deelgeneem.
Spanne het vanaf Knysna, George, Outeniqua, Mosselbaai, Vista en Groot Brak gekom om aan die dag, wat deur Nissan Mosselbaai geborg is, deel te neem.
Die span van Coleen Piketh van George het as wenners van die baan gestap met Elna de Wet se span van Mosselbaai in die tweede plek en Jeanette Botha se span van Knysna in die derde plek.
'n Groot dankie gaan aan Annelene van Heerden en haar span vroue wat hard gewerk het om van hierdie dag 'n suskes te maak.
Laerskool Hartenbos het die spyseniering hanteer en hulle goed van hul taak gekwyt om almal van toebroodjies en middagete te voorsien.
Die span van George is die wenners van die dag. Van links is Lappies Labuschagne (president van Hartenbos-rolbalklub), Coleen Piketh, Petro Breedt en Peta Anne Basford en Jerome Bezuidenhout (Nissan Mosselbaai).
In die tweede plek is die span van Mosselbaai. Van links is Lappies Labuschagne (president van Hartenbos-rolbalklub), Elna de Wet, Sharon Calverley en Jerome Bezuidenhout (Nissan Mosselbaai). Die derde spanlid, Ansie Olivier, was nie teenwoordig met die neem van die foto nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'