OUDTSHOORN NUUS - 'n Nuwe bergfietsren en pretdraf, die Ostrich Kick MTB en veldwedloop, is op hande.
Saterdag 16 September vind hierdie byeenkoms, as deel van die nuwe Volstruisfees, by die Gereformeerde Kerk, op die hoek van Parkweg en Oranjestraat, Oudtshoorn, plaas.
Groot pryse is op die spel en gelukstrekkings sal ook met die prysuitdeling gedoen word.
Pryse sluit in twee nagte se verblyf vir vier mense in 'n selfsorgeenheid by die Point Village Hotel in Mosselbaai.
Restourant-eetbewyse, Wilgewandel Vakansieplaas aktiwiteitsbewyse en baie meer in.
Die renne begin en eindig by die feesterrein. Vir die drawwers is daar 'n 9 km-roete uitgemerk, terwyl bergfietsryers in 'n 17-, 38- of 55 km-ren kan deelneem. Al die renne word deur Jakhals Events aangebied.
Registrasie is reeds oop en kan aanlyn by www.cycleevents.co.za of jakhalsevents.wixisite.com gedoen word, of kontak Corné Botha by 074 260 2871 of Stephanie Botha by 084 089 4223.
Laat inskrywings kan op Vrydag 15 September (16:00 tot 18:00) of Saterdag 16 September (06:30 tot 07:30) by die wegspringpunt gedoen word.
Vir meer inligting oor die Volstruisfees kontak Deon van der Walt by 082 668 7343.
'We bring you the latest Oudtshoorn, Klein Karoo news'