Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Lloyd Bosman en Edwin Galant, asook Marna Lourens en Sammy-Lee Nel het onderskeidelik as mans en vroue-wenners die leiding geneem in die jaarlikse Moon Run wat die afgelope vakansie deur die Mossel Bay Surf Lifesaving Club op Diasstrand aangebied is.
Nie net het lede van die klub 'n onontbeerlike lewensreddersdiens gelewer nie, maar hulle het ook hul vaart en vaardigheid tydens die volmaanwedren getoon.
Die wedren is goed ondersteun deur sowel atlete van formaat en vakansiegangers wat vir dié unieke uitdaging oor óf vyf kilometer, óf 10 kilometer kans gesien het.
Boonop het twee gestremde atlete, Nienkie Bosman en Amanda Bester met haar hond, Rio, ook die strand se sagte sand aangedurf vir die wedloop. Die organiseerders bedank die onderskeie borge, onder meer Botlierskop, Garden Route Game Lodge, Garden Route Casino, Hi-Q, Stars, Romans, Ocean Basket, 7 Seas Cruises, Frederik Bruwer, Midas, Builders Home en Nedbank vir hul ondersteuning wat bygedra het om van die wedloop 'n reusesukses te maak.
Mosselbaai se lewensredders het weer eens heelhartig aan hul jaarlikse Moon Run deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'