Minister Van Rensburg, vergesel van raadslede Gibo Gerber en Cliffie Bayman, was vol lof vir die vrywillige afrigters van die onderskeie sportsoorte, onder meer rugby, netbal, gholf, atletiek en boks.
Die hoof van die Akademie, mnr Willie Liebenberg, het 'n oorkonde aan Minister Van Rensburg oorhandig en 'n uiteensetting van die Akademie se bedrywighede en behoeftes gegee. Die Akademie is 'n inisiatief van die Groot-Brakrivier Polisieforum.
Min Van Rensburg het onderneem om die Wes-Kaapse Minister van Kultuur en Sport, dr Ivan Meyer, te nader oor moontlike regeringsteun vir die Akademie.

Minister Gerrit van Rensburg in gesprek met die hoof van die Groot-Brakrivier Sportakademie, mnr Willie Liebenberg. Van links is Johann Muller, min Van Rensburg, Anton Dellemijn, Blackie Swart en raadslede Gibo Gerber en Cliffie Bayman. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'