GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot Brak Grabadoo is 'n hoogtepunt op die jaarlikse kalender vir bergfietsry- en stap-entoesiaste en vind weer Saterdag, 31 Desember plaas.
Fietsryers kan deelneem aan 15km, 36km, 58km en 72km ritte, terwyl die staproete 'n 4.8km roete is rondom die Groot-Brakrivier. Deelnemers wat die roetes voltooi, kry 'n medalje, 'n buff en 'n energiekoeldrank.
Aanlyn-inskrywings kan nog vandag gedoen word, terwyl daar Saterdag, 31 Desember, tussen 06:00 en 06:30 ook nog kans is om in te skryf.
Fietsryers moet 'n valhelm dra, anders sal hulle nie toegelaat word om deel te neem nie.
Die aksie begin 06:00 Saterdagoggend by die Groot Brak-sportgronde oorkant die Peperboom restaurant.
Besprekings vir die Grabadoo'22 kan gemaak word op www.onlines.co.za of kontak Mimi op 084 583 3144 of Alewijn op 082 457 5675.
Die organiseerders kan ook op e-pos bereik word op mimi@gojipr.net of dyndev@mweb.co.za vir verdere besondere.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'