MOSSEL BAY NEWS - Karate Do International Southern Cape het verlede week hulle eerste gradering in Mosselbaai gehou. Studente van Mosselbaai en Groot Brak dojo's is uitgenooi om gradering by te woon. Karate Do International Southern Cape is die offisiële Shibu dojo van Karate Do International Renmei in Israel wat tradisionele Goju Ryu karate beoefen.
Sensei Kobus Klue, senior afrigter in Mosselbaai en Groot Brak, is baie trots en tevrede met die vordering van sy studente. Mosselbaai en Groot Brak dojo is nie net ' 'n plek waar karatekas (karatestudente) leer hoe om te skop, slaan en blok nie, maar 'n karatefamilie waar die studente selfvertroue, uithouvermoë, geduld, dissipline en respek vir hulself en vir ander te leer.
Groot Brak
Groot Brak se dojo-studente wat gradeer het is: Arnoux Rossouw (wit +1); James Roarty (wit +4); Alexis Boshoff (wit +5); Troi Pretorius (wit +5);
GJ Brought (geel +1); Nicole Kitching (geel +1); Aiden Hendricks (geel +1); Sebastian Rossouw (geel +3); Zander Brought (geel +3); Frits Brought (geel +3); Justen Pienaar (oranje +1); Su-ney Lategan (oranje +1) en Mandi Kitching (senior wit +1).
Mosselbaai se dojo-studente wat gradeer het.
Mosselbaai
Mosselbaai se dojo-studente wat gradeer het is: Bryan Botha (geel +1); Simeon Botha (geel +1); Lineque van der Merwe (geel +1); Eugon Edwards (geel +1); Wian Small (geel +1); Gustav Harmse (geel +2); Ruan Viljoen (geel +2); Dylan Coetzer (geel +3); Nicole Vermaak (geel +5); Tristin Brown (oranje +1); Hannah Carr (oranje +1); Martin van der Westhuizen (oranje +1); Rinelle van der Westhuizen (oranje +1); Anri van der Westhuizen (oranje +2); Jaco Viljoen (senior wit +1); Melville Munro (senior wit +1); Eddie van Niewahuizen (senior wit +2) en Christopher Smuts (senior wit +3).
Groot Brak se dojo-studente wat gradeer het. Afwesig is Su-ney Lategan.
'We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news'