MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Modern Pentathlon (MPA) het Sondag, 3 Maart die derde ligabyeenkoms en Eden-kampioenskap van biathle aangebied.
Die kampioenskap is by Santosstrand in Mosselbaai gehou. Atlete van verskillende ouderdomsgroepe, asook dwarsoor die Edenstreek het deelgeneem.
Baie goeie tye is tydens die byeenkoms behaal.
- Van die uitslae is as volg:
Meesters 60+: Johan Windt (Mosselbaai - goud) en Bernhard Siebriets (Stilbaai - silwer). - Meesters 40+: Carina Muller (Mosselbaai - goud).
- o/17 seuns: Stef Schoeman (George - goud) en James Bellow (George - silwer).
- o/17 meisies: Jenna Borrett (George - goud).
- o/15 meisies: Samantha Bellow (George - goud).
- o/13 seuns: Johan Grabe (Hartenbos - goud).
- o/11 meisies: Anna Grabe (Hartenbos - goud).
Die Eden MPA sal hulle Eden Laserrunkampioenskappe op Sondag, 7 April in George by Glenwood House aanbied.
Vir meer inligting kontak Ulene Visser (083 245 3839) of stuur e-pos by edenmpa.chairman@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'