MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Drawwers het op Saterdag, 19 Oktober, 'n uiters geslaagde 15km Spring Race-wedloop aangebied. Die wedloop is deur Hartenbos Spar geborg en groot dank gaan aan Ales Svoboda vir die borgskap wat beslis tot die sukses van die dag bygedra het.
Die wedloop is goed ondersteun met 246 atlete wat aan die 15km en 85 atlete wat aan die 4kn pretloop deelgeneem het.
Imekhaya Primary School het nie minder nie as 20 leerders inskryf vir deelname.
Hartebos Drawwers bedank alle deelnemers en daag hulle uit om nou reeds te beplan vir 2020 se wedloop.
Uitslae
Die uitslae is as volg;
Ope mans: 1. Francois Maquassa (Nedbank SWD) 49:29; 2. Lloyd Bosman (Nedbank SWD) 50:24; 3. Sinesipho Didishe (Knysna Marathonklub) 54:21.
Ope vroue: 1. Cecelia Nel (Nedbank SWD) 1:05:26; 2. Benita Joubert (Hartenbos Drawwers) 1:07:49; 3. Nerida Lubbe (Hartenbos Drawwers) 1:08:57.
Veterane mans 40-49: 1. Willem Lodewyk (Hartenbos Drawwers) 59:28.
Veterane vroue 40-49: 1. Benita Joubert (Hartenbos Drawwers) 1:07:49.
Meester mans 50-59: 1. Selwyn Losper (Nedbank SWD) 58:24.
Meester vroue 50-59: 1. Maranda Avontuur (Nedbank SWD) 1:29:30.
Grootmeester mans 60-69: 1. Patrick Rawlins (Outeniqua Harriers) 1:12:16.
Grootmeester vroue 60-69: 1. Magda Opperman (Hartenbos Drawwers) 1:23:15.
Groot-grootmeester mans 70-79: 1. Abraham Coetzee (Knysna Marathonklub) 1:26:50.
Junior mans: 1. Denovin Geduld (Outeniqua Harriers) 1:00:58.
Stapper mans: 1. Maxwell Brown (Nedbank SWD) 1:48:53.
Stapper vroue: 1. Lorraine Zhemke (Outeniqua Harriers) 2:09:09
Hartenbos Drawwers mans: 1. Willem Lodewyk 59:28.
Hartenbos Drawwers vroue: 1. Benita Joubert 1:07:49.
Drawwers wat die Hartenbos Spar Spring Run suksesvol voltooi het.
Die Hartenbos Spar Spring Run is goed ondersteun.
Lees 'n vorige artikel: Join 15km Hartenbos Spar annual Spring Race
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'