Van die spanne het so ver as Oudtshoorn en Beaufort-Wes gekom. Op maat van Afrikaanse musiek het daar deurgaans 'n feestelike atmosfeer geheers en moes die spelers hard konsentreer om nie aan die sing te gaan nie. Fraai-uitsig SPAR was die hoofborg en het die rolbalspelers bederf met die heerlikste gebak en etes. Southern Cape Auto en Knysna Lifestyle Estate het ook 'n bydrae gemaak, waarvoor die klub baie dankbaar is. Sonder borge is dit onmoontlik om so 'n toernooi aan te bied en "ons" SPAR het uit hul pad gegaan om dit 'n uitmuntende gebeurtenis op ons jaar-kalender te maak.
Die toernooi is gewen deur die plaaslike span van Mosselbaai Rolbalklub. Die Bestuur bedank graag almal wat betrokke was by hierdie besondere geleentheid en hoop om almal by die 2012 toernooi te sien.
Ampie Greyling (President van Vista Rolbalklub) en Cassie Erasmus (SPAR), oorhanding die wisseltrofee aan die wenspan; Alida Meyer, Albert Irvin, Rita Pieterse en Geoff Steenkamp.