Altesame 26 sportkodes sal deelneem en hoogtepunte sluit in:
- Die KFC HS Puntkriekettoernooi vir Hoërskole van 19-24 September. 28 spanne van oor Suid-Afrika het reeds ingeskryf.
- Die Tuinroete Casino Raakrugbytoernooi op 20 September, waarvoor 30 spanne reeds ingeskryf
- het.
- Die Wes-Kaapse Kunsvliegkampioenskappe by die Mosselbaai-vliegveld van 20-21 September. Ten minste 30 vliegtuie sal na verwagting in aksie wees.
- Die PetroSA-marathon op 28 September - ‘n byeenkoms wat duisende inskrywings lok.
- Die SA Finn-klas- en die Suidoostelike streekskampioenskappe by die Mosselbaaise Seiljag- en Bootklub. Ten minste 150 bote word verwag.
- Die Pretstap en uiters gewilde straatparty.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'