MOSSELBAAI SPORTNUUS - Twee-en-twintig spanne vanuit die Suid-Kaap het op Saterdag, 1 April, die heerlike herfsdag benut om sake by die Mosselbaai-rolbalklub uit te spook.
Die vrouespan in die kombuis en agter die kroegtoonbank het wel die manne se harte gewen maar ná 'n deeglike uittel is die baie ervare span van Piet Robbertse, Japie Combrink en Wessel Potgieter as die kampioene aangewys.
Die dag is deur Louis 57 Wines geborg met vyf spanpryse op die spel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’