MOSSELBAAI NUUS - Baie goeie vertonings is verlede Saterdag tydens die Julie-skietkompetisie van die Neill Calitz-skietklub gelewer. Besondere hoë tellings is behaal met die skuts wat mekaar goed opgedreun het.
Dit was veral Gerrie Bester wat sy stem dikgemaak het en nie minder nie as twee van die kompetisies gewen het. Suzette Herrer was nie ver agter nie en het ook twee maal geseëvier. Suzette se snelvuur was waarskynlik die bester vertoning van die dag.
Uitslae
10m: 1. Gerrie Bester; 2. Marius van Wyk; 3. Suzette Herrer en Gert Nel; 5. Mariska van Wyk; 6. Ounooi Bock.
20m: 1. Gerrie Bester; 2. Ounooi Bock; 3. Suzette Herrer; 4. Mariska van Wyk; 5. Willie Germishuys; 6. Johanna Germishuys.
Snelvuur 20m: 1. Suzette Herrer; 2. Gerrie Bester; 3. Marius van Wyk; 4. Willie Germishuys; 5. Ounooi Bock; 6. Ivan Maddison.
Silhoeët 10m-20m: 1. Ivan Maddison, Suzette Herrer en Johanna Germishuys; 4. Danie le Roux, Marius van Wyk en Gerrie Bester.
Silhoeët 20m: 1. Danie le Roux, Willie Germishuys en Marius van Wyk; 4. Suzette Herrer, Ivan Maddison, Johan Uys, Johanna Germishuys en Gert Nel.
9mm: 1. Willie Germishuys; 2. Marius van Wyk; 3. Johanna Germishuys; 4. Mariska van Wyk; 5. Suzette Herrer; 6. Gert Nel.
Spanskiet (silhoeët 20m): 1. Marius van Wyk en Gerrie Bester; 2. Willie Germishuys en Danie le Roux, Suzette Herrer en Ounooi Bock; 4. Ivan Maddison en Johan Uys, Johanna Germishuys en Gert Nel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'