SPORTNUUS - Gerrie Bester, was die afgelope Saterdag tydens die Neill Calitz-skietklub se maandelikse skietkompetisie behoorlik op sy stukke deur in twee van die vyf items, eerste plekke te behaal.
In die foxtrot, waar 'n skut binne 30 sekondes vyf metaal silhoeëtte wat oor 'n afstand van 10m tot 20m gerangskik is, plat moet skiet, alvorens daar na 'n papierteiken vir ekstra punte geskiet mag word, het Gerrie 'n prag 81 punte behaal om die eerste plek in te neem.
Hy het ook geskitter met die 9mm waar hy 47/50 geskiet het.
Gerrie (vier-voorgeë) se 50 punte vir die dag was egter net te min om aan hom die skut van die dag-toekenning te besorg. Hy word deur Suzette Herrer (54 punte) geklop wat met 'n eerste, drie tweede en 'n vierde plek spog. Die derde plek vir die dag behoort aan Calie Brown (48 punte).
Suzette en Calie skiet beide van 'n nul-voorgeë.
Liam Brown het verras met sy pragtige vordering. Hy behaal 'n puik 97/100 oor die 10m met die .22. Oor die 20m was dit Donovan Day se prag 89/100 wat aan hom 'n eerste plek besorg het en in die snel-afdeling skiet Calie 'n puik 127/150.\
Uitslae
- .22 oor 10m: 1. Suzette Herrer en Donovan Day; 3. Calie Brown en Liam Brown; 5. Gerrie Bester, Ounooi Bock en Johan Uys; 8. Willie Germishuys 9. Hannes Ingram; 10. Hans Willemse; 11. Gert Nel; 12. Johanna Germishuys.
- .22 oor 20m: 1. Donovan Day; 2. Suzette Herrer; 3. Gerrie Bester, Hans Willemse; 5. Calie Brown; 6. Willie Germishuys; 7. Ounooi Bock; 8. Hannes Ingram; 9. Johan Uys en Gert Nel; 11. Johanna Germishuys; 12. Liam Brown.
- .22 snel oor 20m: 1. Calie Brown; 2. Suzette Herrer; 3. Willie Germishuys; 4. Hans Willemse; 5. Gerrie Bester; 6. Gert Nel; 7. Hannes Ingram; 8. Donovan Day; 9. Johanna Germishuys; 10. Ounooi Bock; 11. Johan Uys; 12. Liam Brown.
- Metaal silhoeëtte: 1. Gerrie Bester; 2. Suzette Herrer; 3. Hans Willemse; 4. Donovan Day; 5. Gert Nel; 6. Hannes Ingram, Willie Germishuys, Calie Brown; 9. Johan Uys; 10. Johanna Germishuys; 11. Ounooi Bock; 12. Liam Brown.
- 9mm oor 10m: 1. Gerrie Bester; 2. Calie Brown en Gert Nel; 4. Suzette Herrer en Johanna Germishuys; 6. Hans Willemse; 7. Johan Uys; 8. Willie Germishuys; 9. Hannes Ingram; Ounooi Bock.
Die volgende skietoefening vind op Woensdag, 17 Augustus vanaf 09:00 tot 12:00 plaas.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette (082 478 8090).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'