ROLBAL NUUS - Die jaarlikse Rawsons/MMO-borgdag by Groot-Brak-rolbalklub het in pragtige sonskynweer plaasgevind en het vanjaar weer 'n groot aantal spanne van oor die streek gelok.
Die wenners was Billy Radloff, Bennie van Loggerenberg, Sandra Axsel en Gail Steyn van George-rolbalklub.
Groot-Brak se span bestaande uit Derek Scott, André Lightfoot, Margie Potgieter en Ohna Botha was die naaswenners terwyl die derde plek ook gewen is deur 'n Groot-Brak-span met Willie Voigt, Burger le Roux, Karen Vosloo en Ronel Viljoen.
Sollie Schreuder (president van Groot-Brakrivier-rolbalklub), Basil Riddel (Rawsons) en Neill Schoeman (MMO) by die naaswenners se spanlede, Margie Potgieter, Ohna Botha, André Lightfoot en Derek Scott.
Sollie Schreuder, president van Groot-Brakrivier-rolbalklub, (links) by die wenners en borge, Basil Riddel (Rawsons), Gail Steyn, Billy Radloff, Neill Schoeman (MMO), Bennie van Loggerenberg en Sandra Axsel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'