Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die jaarlikse wintersport-kragmeting tussen Hoërskool Punt en Langenhoven Gimnasium het Saterdag in Oudsthoorn plaasgevind.
Sportsterre van Punt was nie net gereed om op die sportveld uit te blink nie maar ook die nie-deelnemende leerders was slaggereed soos tydens die big en mini bragbyeenkomste bewys is.
Dit was werklik hoendervleisoomblikke om Vrydagoggend 'n skool in sy geheel op die Van Riebeeck-stadion te sien bymekaarkom en ten spyte van die yskoue weer was die atmosfeer elektries met ware Punt-passie gevul.
Die spanne wat deelgeneem het, het hul beste gelewer en ongelukkig kan mens nie altyd wen nie. Dit was egter die sportmansgees waarmee deelgeneem is, wat geseëvier het.
Die eerste hokkiespan van Hoërskool Punt glimlag breed nadat hul met 1-0 oorwinning.
Die uitslae was as volg – (Punt se tellings eerste):
Rugby:
- o/14A 5-36
- o/15A 0-28
- o/16A 8-29
- o/19B 7-19
- o/19A 22-33
Hokkie meisies:
- o/14A 0-2
- o/16A 1-2
- o/16B vs o/18C 0-7
- o/18B 0-0
- o/18A 1-0
Hokkie seuns:
- o/14A vs o/16B 0-0
- o/16A 0-1
- o/18A 0-0
Netbal:
- o/14A 24-13
- o/14B 31-4
- o/16A 14-16
- o/16B 16-23
- o/16C 4-24
- o/16D 7-6
- o/17B vs 18D 11-14
- o/18B vs 18C 30-9
- o/17A vs 18B 16-31
- 1ste 37-26
Gholf:
- Punt wen met 39 punte 158-119
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'