TUINROETE SPORT NUUS - Die jaarlikse galjoenderby deur Arms & Tackle vind weer op 27 Julie plaas.
Hengelpryse ter waarde van R42 000 asook gelukstrekkings van R5 500 is op die spel .
George-hengelklub, mede-aanbieder van die derby moedig die vang en vrylaat van vis ten sterkste aan en daarom sal geen vis by skale toegelaat word.
Al die reëls en instruksies is op die kaartjies beskikbaar asook 'n skakel na 'n video oor hoe die vis na vangs hanteer moet word.
Kaartjies is beskikbaar op George by Arms & Tackle, Xtreme Fishing, Sportscentre en Tackle Traders; op Mosselbaai by J&J Marine Sales, X-Treem Outdoors (Langeberg Mall) en Fishing Extreme & Outdoor Pro Shop (Voorbaai) en op Knysna by Breezers Fishing en Sportscentre.
Vir enige verdere navrae skakel Tersius (082 965 5904).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'