MOSSELBAAI SPORTNUUS - Martin Marhen en Margory Roelofse, aan die stuur van die VGK-gemeente op Friemersheim, sê hulle is gereed vir vanjaar se Moordkuil-wedloop wat Saterdag weer in hulle gemeenskap plaasvind.
Deelnemers van reg oor die land kom weer deelneem aan die gewilde Total Groot Brak 15km boswedloop wat op Saterdag, 22 Desember plaasvind en deur Hartenbos Drawwers aangebied word.
Deelnemers gaan weer bederf word met heerlike roosterkoek, lewerkoekies, pannekoek, koeldrank en koffie wat weer te koop sal wees die oggend van die wedloop.
Hierdie groot geleentheid word al van 2008 deur Nico Dippenaar van Total Groot Brak geborg.
Deelnemers kan vanmiddag (Vrydag, 21 Desember) vanaf 18:00 tot 19:00 by Total Groot Brak se vulstasie inskryf.
Die wedloop begin môreoggend om 07:00 by Friemersheim se VGK-gemeentesaal. Medaljes, prysgeld en baie gelukstrekkings is ook op die spel.
Daar is ook 'n 4km pretdraf met 'n pragtige reeks medaljes wat versamel kan word. Vir meer besonderhede kontak Carel (062 2993 304) of Kleintjie (072 8774 121).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'