MOSSELBAAI SPORTNUUS - Ferdi Botha, 'n leerder van Curro Mosselbaai het tydens die naweek van 12 September op Oudtshoorn aan sy eerste fietswedren ná die Covid-19 pandemie uitgebreek het, deelgeneem.
Ferdi het aan die Jakhals Events se Lente fietswedren deelgeneem en is na afloop van die naweek, as die seuns o/13 algehele wenner aangewys.
Deelnemers kon aan verskeie wedrenne deelneem en het vir elke wedren punte verdien. Ferdi het die meeste punte behaal en sodoende as wenner uit die stryd getree.
Op die Saterdag het deelnemers met bergfietse op die ovaalbaan gery. Dié wedrenne is soortgelyk aan die baanfiets-wedren. Ferdi het aan 'n 500m TT, 1 000m en 2 000m bondel-wedrenne deelgeneem.
Sondag het Ferdi aan 'n criterium-wedren deelgeneem waaraan deelnemers in die seuns o/11- en o/13-ouderdomsgroepe saam met die meisies o/13- en o/15-ouderdomsgroep gekompeteer het. Hy was algeheel eerste in dié wedren.
Ferdi se fokus is nou op die Wes-Kaap baankampioenskap wat einde Oktober plaasvind.
Ferdi Botha in aksie tydens die Lente fietswedren op Oudtshoorn.
Ferdi Botha in aksie tydens die Lente fietswedren op Oudtshoorn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'