GEORGE NUUS - Die Rebel-viertrekklub van George se eerste byeenkoms vanjaar word Saterdag 17 Februarie op die plaas Kleynefontein aangebied.
Registrasie begin reeds om 07:00 en kos R350 per voertuig. Privaat inskrywings is welkom. Die byeenkoms begin stiptelik om 09:00. Toegang vir volwassenes is R50 en kinders onder 12 jaar gratis.
Vir meer inligting kyk die klub se Faceboek-blad Rebel 4x4 George.
Daar is duidelike aanwysings na Kleynefontein, maar daar is ook borde wat die roete aandui.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'