Gallery Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Vroegoggend Saterdag, 11 Desember het die eerste MyRun by Groot-Brakrivier se krieketveld langs die muurbalbane in Langstraat plaasgevind.
Verskeie drawwers, stappers en honde het die 2,5km- of die 5km-roete aangedurf.
Dit vind voortaan elke Saterdag tussen 07:00 en 08:00 plaas. Die publiek en vakansiegangers is welkom om saam met hul gesinne die buitelug te kom geniet.
MyRun vorm deel van Discovery Vitality en Total Sports se program en elke deelnemer kry 'n bandjie wat by die beginpunt ingeklok word en ook wanneer jy die roete voltooi het.
FOTOGALERY: Eerste MyRun in Grootbrakrivier
Die tye word dan vir jou per e-pos aangestuur en tel as deel van jou Vitality-punte.
Belangstellendes kan op die myrun.org.za webblad registreer. Deelnemers kan by enige van die lokale landwyd gaan deelneem. Dis gratis en bied verskeie prag roetes in dorpe, stede, natuurreservate en verskeie ander lokale aan.
Uitvoerende burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Dirk Kotzè en sy gade, Riëtte asook raadslid Annatjie van Rensburg het self ook die 5km-roete met sy 'n besonderse uitsig oor Groot-Brakrivier gestap.
VIDEO: Eerste MyRun in Groot Brakrivier gehou
Raadslid Annatjie van Rensburg, Riëtte Kotzè, uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzè, Herman Swanepoel (organiseerder) en Barend van der Merwe (organiseerder) by die eerste MyRun wat by Groot-Brakrivier gehou is. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'