ROLBALNUUS - Vista Rolbalklub het onlangs hul eerste besigheidsliga-kompetisie voltooi.
Die begin van die besigheidsliga was suksesvol en spanne in die omgewing van Klein-Brakrivier het deelgeneem.
Die deelnemers was entoesiasties en 'n heerlike feestelike atmosfeer het elke aand geheers. Nie eens beurtkrag kon die gees of aktiwiteite demp nie.
Die klub glo dat die besigheidsliga sal groei en vir meer plaaslike besigheidsmense ure se genot, ontspanning en plesier verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'