Eden het met die louere weggestap as die algehele manswenners en die o.23 dames, o.23 mans, 580kg mans en 640kg mans-spanne het almal goud verower.
Die jongste lid, Catherine Jonker, `n leerder van Laerskool Wesbank, is maar net 13 jaar oud. Monzelle Klue, `n leerder aan Langenhoven Gimnasium, kom uit `n formidabele toutrek familie met 'n pa en broer wat al hul land oorsee gaan verteenwoordig het en dit lyk asof Monzelle in hul spore kan volg.
Eden se afrigters is die broers, Piet en Michael Lourens, wat ook die nasionale span afrig. Die nasionale span word in Julie aangewys.
Onder 23 dames, voor van links: Anja Dippenaar, Nadia Bruce, Vergenick Johnson, Marcelle Swanich, Monzelle Klue. Agter: Catherine Jonker, Rentia Bouwer, Anita Barnard (afrigter), Jessica Duminy en Jani Volschenk.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'