TUINROETE NUUS - Die gholfspeler Jovan Rebula en die Protea-rolbalspeler Elma Davis is verlede Vrydagaand op Oudtshoorn by die Eden-sportraad se jaarlikse sporttoekennings onderskeidelik as sportman en sportvrou van die jaar gekroon.
Albei Georgiete het vanjaar op die internasionale sportverhoog geskitter en dié toekennings onteenseglik verdien. Johan Windt van Mosselbaai is as meestersportman aangewys.
Meer as 190 nominasies, waaronder verskeie sportsterre met Protea-kleure, is vir die 33 kategorieë ontvang.
Atletiek SWD, onder die voorsitterskap van Shireen Noble, is aangewys as die topfederasie in die Eden-distrik. Dis geen geringe prestasie nie as mens in ag neem dat hulle teen 50 ander geaffilieerde federasies moes meeding.
Die Presidents-toekenning het aan die deurwinterde sportadministrateur, Dave van der Walt, gegaan.
Die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport en die groter Oudtshoorn-munisipaliteit het die aand in samewerking met die Eden-sportraad aangebied.
Die oud-Springbokrugbyspeler, Ashwin Willemse, was die gasspreker en het Mandela se lewe gebruik as voorbeeld vir opkomende sportmanne en -vroue.
Sekondêre borge soos Group Editors, EdenFM, Leading Edge, Oudtshoorn Inn en Liquorland het ook tot die aand bygedra.
Die wenners van die onderskeie kategorieë dring deur as finaliste van die Wes-Kaap sporttoekennings wat op 25 Augustus aangebied word.
Die Protea-rolbalspeler Elma Davis is verlede Vrydagaand op Oudtshoorn by die Eden-sportraad se jaarlikse sporttoekennings as sportvrou van die jaar gekroon. Die gholfspeler Jovan Rebula is as sportman van die jaar aangewys.
Wenners
Die volledige lys van wenners is as volg:
- Sportadministrateur - Trevor Davis (rolbal)
- Afrigter - Claudia Miller (lewensredding)
- Plaaswerker - Michael Vaaltyn (perdry)
- Nuweling - Dotiano Ricardo Moretti (skermsport)
- Tegniese uitnemendheid - Janine Kotze (pluimbal)
- Sportfederasie - SWD atletiek
- Sportspan - Suid-Kaap mid-amateur interprovinsiale span (gholf)
- Inheemse spele - Jukskei
- Laerskool sportman - Ian de Jager (muurbal)
- Laerskool sportvrou - Jada Coetzee
- Hoërskool sportman - Antonio Farmer (atletiek)
- Hoërskool sportvrou - Jacquine Strydom (skopboks)
- Sportman vir gestremdes - Christopher Patton (rolbal)
- Sportvrou vir gestremdes - Alvine Volkwyn
- Riaan Loots-toekenning - Bhangelos-netbalklub
- Junior sportvrou - Meike Strydom (atletiek)
- Junior sportman - Jean du Plessis (krieket)
- Sportvrou - Elma Davis (rolbal)
- Sportman - Jovan Rebula (gholf)
- Meestersportman - Johan Windt
- Vrywilliger - Joy Gouloose (lewensredding)
- Skoolspan - Oakdale (toutrek - 560kg)
- Ontwikkelingskoolspan - Franken Primêr (judo)
- Gemeenskapsbouer - Kalma Hayes (perdry)
- Lewenspresteerder - Joe Arendse (atletiek)
- Sportjoernalis - Christo Vermaak (Oudtshoorn Courant)
- Sportfotograaf - Deidre Cloete
- Ontspanningsliggaam - Phillip Seroux (Oudtshoorn Christelike Jeugforum)
- Presidentstoekennings - Dave van der Walt, Freda Barnard, Corné Bence en Raymond Avontuur.
- Legendes - Errol Pretorius, Fred van Zyl, Peter Chantler, Vintcent Jacobs, Garnett Wicomb, Reginald de Silva, Selwyn Hermanus, Lancelot Petersen en Nellis du Plessis.
- Ererol - Phil Anderson, Louis Lategan, Nico du Bois, Michael Pautz, Reo Barnard, Fritz Meissner, Wehmeyer Ferreira en Koos Nel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'