Gallery
MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Eden Netbal Federasie het sy ligawedstryde op Saterdag, 10 Junie, by die Van Riebeeckstadion op Mosselbaai afgehandel.
Dié byeenkoms is ook onder die vaandel van die "National Pride Month" afgehandel. Spelers en bestuurslede het gekleurde sokkies en gekleurde linte in die kleure van die Pride-veldtog gedra.
FOTOGALERY: Eden Netbal Federasie
Die federasie het 30 klubs wat elke naweek aan die liga deelneem. Veertien van dié klubs was teenwoordig op Mosselbaai.
Die organiseerders het die Mosselbaai-munisipaliteit bedank vir die gebruik van die fasiliteite waar klubs op Saterdae van reg oor die distrik verwelkom word.
Uitslae
Van die uitslae was:
Vroue
- Royal Crusaders klop Thistles - 19-17
- Mosselbaai klop Evergreens - 22-10
- Evergreens klop Atlantic Spurs - 31-30
- Groot Brak A klop George Divas A - 25-23
- Divas C klop Protea Stars - 18-11
- Kranshoek Dolphins klop Goalgetters - 19-16
- Goalgetters en Infantry speel gelykop - 18-18
Mans
- Omgee Rehab klop Knysna Jaguars - 52-30
- Omgee Rehab klop Klippies - 65-20.
Daar was genoeg aksie vir die toeskouers en 'n verskeidenheid wedstryde.
Die wedstryde Saterdag by die van Riebeeck Stadion was kleurvol gekoppel aan die National Pride Month. Foto's: Sharlton Groenewald
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’