SPORTNUUS - Eben Fourie en sy gids Charles Collen van die Hartenbos-rolbalklub, het 'n goue medalje vir blinde spelers verwerf by die nasionale byeenkoms vir gestremdes in Pretoria.
Die byeenkoms het tussen 21 en 28 Mei plaasgevind. Hulle het in die gemengde enkelspelle in die B4-kategorie deelgeneem.
Die twee manne wat die trots van Mosselbaai is, het in Maart 'n bronsmedalje gewen by die Wêreldbyeenkoms vir visueel-gestremdes toe hulle in Australië in aksie was.
Fourie is ook by die onlangse sporttoekennings van die Mosselbaai-munisipaliteit as die 2022/23 Sportman met Gestremdheid aangewys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’