Zander Faddell is as junior in die span ingesluit terwyl Francois de Villiers en Gavin Naidoo die senior span gehaal het.
Eden het 'n mans- en damesspan na die proewe gestuur en is baie trots daarop dat hulle, as een van die jongste veerpyltjiedistrikte in die land, drie lede vir die Wes-Kaapse span opgelewer het.
Hierdie prestasie, glo hulle, kan die sportsoort 'n verdere hupstoot in die streek gee.

Die lede van die mansspan is van links (agter): Derick Carlsen, Francois de Villiers, Alex Faddell, Gavin Naidoo en Clinton Vallentyne. Voor is die juniors, Zander Faddell en Eddie van Greunen.

Die damesspan se lede is van links (agter): Hannelie Faddell, Iris van Zyl en Hanlie de Villiers. Voor: Martha Havenga, Annalize Calitz, Amanda van Rooyen.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'