Die jong Johan Kemp (junior), 'n Gr 10 leerder aan Hoër Landbouskool Oakdale, het weereens sy potensiaal gewys deur besonder goed te vaar. Sy pa Chris en oupa Johan (senior) Kemp het elkeen 'n afdeling gewen.
Die kompetisie het in goeie gees plaasgevind en lede het mekaar behoorlik opgedreun.
Die vroue het tydens hierdie kompetisie op gelyke voet met die mans kompeteer en steeds goed presteer.
Die volgende kompetisie vind op Saterdag, 2 Junie, vanaf 09:00 plaas.
Woensdae se weeklikse skietoefening begin om 11:00 en duur tot ongeveer 14:00. Vir enige navrae oor die skietklub, skakel Neill Calitz by 072 842 4850.
Uitslae van Saterdag, 5 Mei
10m x een hand (.22 handwapen)
1. Johan Kemp (senior); 2. Johanna Germishuys; 3. Willem Schoeman; 4. Suzette Herrer, Johan Kemp (junior) en Willie Germishuys; 7. Marius van Wyk; 8. Hans Hefer; 9. Willie van der Merwe; 10. Chris Kemp.
20m x twee hande (.22 handwapen)
1. Chris Kemp; 2. Suzette Herrer; 3. Johan Kemp (junior) en Danie le Roux: 5. Willie Germishuys; 6. Hannes Ingram; 7. Marius van Wyk; 8. Johan Kemp (senior); 9. Willem Schoeman; 10. Johanna Germishuys.
20m (9mm)
1. Johanna Germishuys; 2. Willie Germishuys; 3. Hannes Ingram; 4. Willie van der Merwe; 5. Danie le Roux; 6. Suzette Herrer; 7. Johan Kemp (senior); 8. Marius van Wyk; 9. Hans Hefer.
10m-20m silhouette
1. Marius van Wyk; 2. Willie Germishuys; 3. Chris Kemp; 4. Suzette Herrer; 5. Johan Kemp (senior); 6. Johan Kemp (junior); 7. Johanna Germishuys; 8. Willem Schoeman; 9. Willie van der Merwe; 10. Hannes Ingram.
20m silhouette
1. Suzette Herrer; 2. Johan Kemp (senior); 3. Johan Kemp (junior); 4. Marius van Wyk en Chris Kemp; 6. Willie Germishuys; 7. Johanna Germishuys; 8.Willem Schoeman; 9. Danie le Roux; 10. Hans Hefer.
50m (.22 geweer)
1. Danie le Roux en Chris Kemp; 3. Willie Germishuys en Marius van Wyk; 5. Johan Kemp (senior) en Johan Kemp (junior).
Spankompetisie : 20m silhouette
1. Suzette Herrer en Danie le Roux, Hannes Ingram en Johan Kemp (senior), Chris Kemp en Johan Kemp (junior); 4. Marius van Wyk en Willem Schoeman; 5. Willie Germishuys en Willie van der Merwe; 6. Johanna Germishuys en Hans Hefer.
Woensdag
Verskeie nuwe lede het die afgelope Woensdag gesig gaan wys by die weeklikse skietoefening. Marius van Wyk en Llewellyn Grant het gelyk geëindig met 180/200.
Die beste tellings van die dag was: 1. Marius van Wyk en Llewellyn Grant; 3. Danie le Roux; 4. Johan Kemp; 5. Gert Nel; 6. Ounooi Bock; 7. Willem Schoeman; 8. Paul Booyens; 9. Willie Nel.

Drie geslagte Kemps, Johan (senior), Johan (junior) en Chris.