TUINROETE NUUS - Verlede Saterdag is die voorlaaste interdistrikte jukskeitoernooi in Bellville afgehandel.
Hiertydens het Westerlike Provinsie se A1-span weer eens bewys dat hulle die toonaangewende distriktespan is wat beslis heel bo gaan uitkom in die kompetisie.
Die Eden-distrik se B-span het self goed presteer en met slegs 1½ punt die tweede plek na WP B1 geëindig: (56 – 54½).
Selfs die Eden D-span het puik presteer en eerste in die D-afdeling geëindig, met 'n reuse 12 punte voor sy naaste teenstander, WP D1, in die tweede plek.
Eden-distrik se A-span het op die nippertjie onttrek vanweë interne tegniese redes. Sou hulle deelneem, kon die uitslae dalk anders vertoon het aangesien Eden 'n goed-gebalanseerde span in die veld (op die baan) kon stoot. Dit is egter water onder deur die rug, nodeloos.
Finale puntestand
A-afdeling: WP A1 (52); Kaapse Wynlande (51,5); WP A2 (38,5); Weskus A2 (33½); Weskus A1 (29½); Overberg (20)
B-afdeling: WP B1 (56); Eden (54,5); Overberg (50); Kaapse Wynland (47); WP B2 (44½); Weskus B1 (40); Weskus B2 (23).
C-afdeling: WP C2 (43); Overber (41); WP 1 (38); Weskus C2 (15); Weskus C1 (13).
D-afdeling: Eden (79 12); WP D2 (67½); Kaapse Wynland (67½); WP D1 (65½); Overberg D2 (60); WP D4 (52½); Overberg D1 (50); WP D3 (49½); Weskus (48).
Môre, Saterdag 26 Februarie, word ligawedstryde op Riversdal gespeel. Hartenbosspelers speel in volle klubdrag.
Eden eindig eerste in die D-afdeling. Voor: Viandrie Fourie, Malie Pienaar en 'n leenspeler van WP. Agter: Duimpie van Zyl (leier).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'