TUINROETE SPORTNUUS - Die Brakgeveg is 'n ses-maandelikse rolbalwedstryd tussen Vista-rolbalklub by Klein Brak en die Groot Brak-rolbalklub.
Sewe spanne van elke klub speel teen mekaar om te bepaal watter "brak" kan wegstap met die spreekwoordelike been, of dan streng gesproke, die oorwinning.
Die onlangse Brakgeveg is op die Vistabaan gehou en, soos vroeër hierdie jaar, eindig die wedstryd weer gelykop, 'n tweede keer in 'n ry.
Die spelers van die twee klubs het egter heerlik na die spel saam gekuier en so beter buurmanskap uitgebou.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'