MOSSELBAAI JUKSKEI NUUS - Danabaai-jukskeiklub het op Woensdag, 29 Januarie die Harry Joubert-dag aangebied met lede van vier klubs wat sake op die baan uitgespook het.
Danabaai het as wenners uit die stryd getree met 83½ punte met Groot-Brakrivier tweede, Boggomsbaai derde en Gourits in die vierde plek.
Oom Harry, soos wat hy alombekend was, was 'n stigterslid van Danabaai-jukskeiklub maar is in Januarie 2018 oorlede na 'n kort siekbed. Oom Harry was 'n opregte gentleman wat sy medespelers met die allegrootste respek behandel het, maak nie saak of jy 'n beginner is en of jy vir die A-span gespeel het, hy het almal as gelykes hanteer.
Voorheen het oom Harry die Suidwestelike Distrikte vir 'n aantal jare verteenwoordig en was hy ook eers lid van die Hartenbos-klub, voor hy by Danabaai aangesluit het. Volgens klublede sou oom Harry beslis tevrede gewees het oor hoe die dag verloop het.
Die vier klubs wat om die trofee meegeding het, het dit in goeie gees gedoen en was die dag weer eens 'n groot sukses.
Die uitslae vir die dag se spel is as volg:
A-afdeling: 1. Danabaai 30; 2. Boggomsbaai 28; 3. Groot Brak 21½; 4. Gourits10½
B-afdeling: 1. Danabaai 31½; 2. Groot Brak 23; 3. Gourits 18½; 4. Boggomsbaai 17
C-afdeling: 1. Groot Brak 26½; 2. Gourits 24½; 3. Danabaai 22; 4. Boggomsbaai 17
Totale: 1. Danabaai83½; 2. Groot Brak71; 3. Boggomsbaai62; 4. Gourits 53½
Danabaai-jukskeiklub bedank almal wat die dag saam ons kon meemaak.
Die Danabaai-jukskeispan het die afgelope naweek die Harry Joubert-dag gewen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'