Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Damian Smith van Fisheagle Aquatics, Mosselbaai het die afgelope naweek aan die Swem SA Vlak 3-streekskampioenskappe by die Conville-swembad in George deelgeneem.
FOTOGALERY: Swem kry hupstoot met ontwikkelingsprogram
Hy het puik gevaar deur nuwe persoonlike beste tye in al sy items op te stel.
Al is Damian vanjaar eers 17 het hy in die mans onder 24 katergorie deelgeneem aan 100m borsslag, 200m borslag, 100m vryslag, 200m vryslag en die 4 x 100m aflos.
Damian is 'n student aan die Eden Educational Services in Mosselbaai.
Damian Smith
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'