MOSSELBAAI NUUS - Die Neill Calitz Skietklub se kompetisie vir Mei het die afgelope Saterdag in heerlike weer plaasgevind.
Twee van die vroue het uitsonderlik presteer en die mans goed opgedreun. Suzette Herrer was algeheel die beste skut van die dag en het nie minder nie as vier eerste posisies behaal.
Mariska van Wyk was nie ver agter nie met twee oorwinnings asook 'n baie goeie tweede en 'n derde plek.
Beide Mariska en Ivan Maddison het voltalle in die .22- geweerskiet behaal - beslis uitsonderlike prestasies.
Onder die mans het Marius van Wyk en Chris Boshoff die beste vertoon.
Die top vyf skuts van die dag was: 1. Suzette Herrer; 2. Mariska van Wyk; 3. Marius van Wyk; 4. Chris Boshoff; 5. Johan Kemp.
Uitslae
10m:
1. Suzette Herrer en Marius van Wyk;
3. Eugene Barnard en Mariska van Wyk;
5. Chris Boshoff.
20m:
1. Suzette Herrer;
2. Mariska van Wyk;
3. Chris Boshoff;
4. Gert Nel;
5. Ivan Maddison.
10m snel:
1. Suzette Herrer;
2. Chris Boshoff;
3. Marius van Wyk;
4. Johan Uys;
5. Mariska van Wyk.
20m silhouette:
1. Suzette Herrer;
2. Johan Uys;
3. Gert Nel;
4. Chris Boshoff en Marius van Wyk.
9mm:
1. Mariska van Wyk;
2. Johan Kemp;
3. Gert Nel;
4. Chris Boshoff;
5. Marius van Wyk.
.22 geweer:
1. Mariska van Wyk en Ivan Maddison;
3. Johan Kemp;
4. Marius van Wyk, Chris Boshoff en Eugene Barnard.
Spanne
Alternatiewe teikens:
1. Gert Nel en Chris Boshoff;
2. Gerrie Bester en Chris Boshoff;
3. Eugene Barnard en Suzette Herrer.
Silhoutte 20m:
1. Johan Uys en Johan Kemp;
2. Gerrie Bester en Chris Boshoff;
3. Gert Nel en Chris Boshoff.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'