Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Marathon Maand vir Liefdadigheid se span is hard aan die oefen vir die groot wegspring op Sondag, 3 April om 18:00 by die Kom Tuis-gemeente in Beldonstraat, Heiderand.
Die vier spanlede beoog om 'n 1 000km in 29 dae afte lê. Elma en Lourens Nel, asook Lukas en Christa Smit is baie opgewonde oor die projek en gaan draf, stap en/of fietsry.
Die einde van die Marathonmaand vir Liefdadigheid is op 2 Mei by Shell Voorbaai om 09:00.
Dominee Gielie Joubert van die Kom Tuis-gemeente vra die gemeenskap en besighede om die projek te steun om sodoende dié wat in vandag se tye sukkel, te kan bystaan.
Enigeen wat die span per kilometer wil borg of net 'n donasie wil gee is baie welkom. Besighede kan 'n artikel 18A-sertifikaat kry om hulle donasie af te trek van belasting.
Vir meer inligting kan ds Gielie Joubert gekontak word (072 137 3535).
VIDEO: Daar word hard geoefen vir marathon maand
Christa en Lukas Smit. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'