MOSSELBAAI NUUS - Die atlete van Curro Mosselbaai het Vrydag aan die Norman Hauzer-atletiekbyeenkoms in Parow deelgeneem.
Die WildDogs, soos die sportsterre van Curro Mosselbaai bekendstaan, het nie teruggestaan vir die veel groter spanne van Paarl Gimnasium, Brackenfell, Strand en Curro Durbanville nie.
Die atlete het tydens winderige toestande puik gevaar en die volgende uitstekende resultate is behaal:
- Kayleigh Stander (D14 diskus - silwer);
- Brian Kruger (S17 100m - brons);
- Illoise van Tonder (D19 4x100m-aflos - brons);
- Gilermo Lamini (S17 3000m - goud en 1500m - silwer);
- Liaan Rautenbach (D15 verspring - silwer; hoogspring en 300m-hekkies - brons);
- Chanelle Barnard (D14 90m-hekkies, 300m-hekkies en 400m - silwer en 200m - brons)
Die span het in total 12 medaljes huis toe gebring. Met die Glenwood House Prestige-byeenkoms in die week as laaste voorbereiding vir die Mosselbaai Hoërskole streekskampioenskappe van 2 Februarie is Curro Mosselbaai se atlete goed op pad na hulle beste atletiekseisoen nog.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'